Shrink your stomach without an operation. Krimp jou maag sonder chirugie-

Deur Carien Grobler 25 Augustus 2016 15:25    Netwerk 24

n Gastriese omleiding sonder chirurgie klink te goed om waar te wees, maar hipnoterapeute sê dat hulle groot sukses hiermee behaal. Tydens die behandeling, wat onder hipnose gedoen word, word die pasiënt virtueel deur die prosedure van ’n gastriese omleiding geneem.

Volgens Leonie Dippenaar, ’n gekwalifiseerde hipnoterapeut van Bloemfontein, word hipnoterapie gebruik om die brein te oortuig dat ’n gastriese omleiding werklik op die liggaam uitgevoer is.

Ek gebruik ’n kombinasie van suggestie, visualisering en kognitiewe gedragsterapie-tegnieke om die onderbewuste te oortuig dat die liggaam ’n gastriese omleiding ondergaan het. Die liggaam reageer dan asof dit die werklikheid is, wat jou help om gewig te verloor.”

Sy verduidelik dat dit werk deur die brein te herprogrammeer sodat ’n mens nie eet wanneer jy nie honger is nie. “Jy sal slegs eet wanneer jy honger is, vinniger versadig word en ook kleiner porsies eet.”

DIE FEIT DAT JOU BREIN DINK JOU MAAG IS KLEINER, DIEN SLEGS AS ’N HULPMIDDEL OM JOU TE HELP OM JOU GEWIGSDOELWITTE TE BEREIK.

Hipnose is nie ’n wonderkuur nie

Dippenaar waarsku egter dat hipnose alleen nie gewigsprobleme kan oplos nie. “Dit is elke pasiënt se verantwoordelikheid om ook ’n gesonde leefstyl aan te kweek. Die feit dat jou brein dink jou maag is kleiner, dien slegs as ’n hulpmiddel om jou te help om jou gewigsdoelwitte te bereik.”

Sy noem dat talle mense wat met hul gewig sukkel, onderliggende probleme het. “As ’n pasiënt byvoorbeeld as kind gemolesteer of verkrag is of ander trauma beleef het, kan dit ’n invloed op haar gewig as volwassene hê. Ons gebruik dan hipnoterapie om hierdie negatiewe belewenisse te ‘skuif’ sodat die pasiënt optimaal kan funksioneer.”

Die behandeling

Die behandeling bestaan gewoonlik uit vier sessies. “Tydens die eerste sessie verduidelik ek die proses aan die pasiënt en neem ’n volledige mediese geskiedenis. Ons gesels ook oor die redes waarom die pasiënt te veel eet en gebruik hierdie inligting om haar eetgewoontes te verander. Gesonde eetpatrone word in die eerste hipnoterapie-sessie geïnkorporeer.

Volgens Dippenaar ervaar die pasiënt die ontspanne toestand van hipnose, waartydens negatiewe eetgewoontes aandag kry. “In die tweede sessie help ek die pasiënt om ontslae te raak van die onderliggende kwessies wat oorgewig veroorsaak. Ons hanteer die wortel van die kwaad.”

Die derde sessie word gebruik om die virtuele gastriese omleiding aan die pasiënt bekend te stel. “Ek neem die pasiënt onder hipnose deur die konsultasie met die dokter waar die operasie in die fynste besonderheid beskryf word en doen dan voorbereiding vir die vierde sessie waar die virtuele prosedure onder hipnose uitgevoer word.”

EK HET IN DIE LAASTE DRIE MAANDE 14 KG AFGESKUD.

Die resultate

Maryke Blom, ’n verhouding- en psigoseksuele wanfunksie-spesialis van Johannesburg,(Marykeblom@gmail.com – 082 761 7038 ) het drie maande gelede ’n virtuele gastriese omleiding onder hipnose ondergaan.

“Ek is baie tevrede met my resultate tot dusver,” sê sy. “Dit is nie ’n dieet nie, hoewel ek relatief goeie eetgewoontes handhaaf. Ek het in die laaste drie maande 14 kg afgeskud.”

Sy vertel dat sy haar nog gereeld iets lekker toelaat en glad nie voel dat sy sekere kosse moet vermy nie. “Ek word net baie vinniger versadig en eet daarom kleiner porsies. Ek het ook besef dat ek nie oornag al die gewig gaan verloor nie. Ek is geduldig en weet dat my kop gerat moet wees om ’n sukses daarvan te maak. Ek sal dit beslis aanbeveel vir mense wat oorgewig is of aan vetsug ly.”

 

6 weke Transformerende Gewigsverlies Pakket beskikbaar

 

Kontak Leonie

www.leoniehypnotherapy.com

072 022 1063

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*